Update
OUDTSHOORN NUUS - Gert Thysse, die polisieman wat gister in 'n motorfietsongeluk beseer is, is tans in 'n stabiele toestand in die intensiewe sorgeenheid van die George Medikliniek.
Sy vrou, Hanlie, het vanoggend gesê hy is onder verdowing en 'n operasie is reeds op sy been uitgevoer.
'n Tweede operasie volg môre.
Wat die hoofbesering aanbetref sê sy die volgende 48 uur sal die erns bepaal, maar hy reageer op mense wat met hom praat.
Hy is gister na 'n botsing teen 'n veiligheidsreling op die Robinsonpas per helikopter George toe geneem.
Daar is paramedici by die beseerde terwyl Dokter Bezuidenhout ook help.
Gert Thysse, die polisieman wat gister in 'n motorfietsongeluk beseer is, is tans in 'n stabiele toestand in die intensiewe sorgeenheid van die George Medikliniek.
Foto: Hannes Visser
Lees 'n vorige artikel: Motorfietsryer ernstig beseer
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'