OUDTSHOORN NUUS - Dr. André Hattingh, 'n afgetrede neurochirurg en stigter van Pediatric Care Africa, se Ride for a Child-motorfietsrit het Sondag 9 Februarie afgeskop.
Hy gaan 7 000 km in 22 dae aflê. Hierdie rit is sy sesde Ride for a Child bewusmakings-inisiatief.
Die rit het in Oudtshoorn begin en sal weer in Oudtshoorn eindig en durf hy die uitdaging aan met sy Road King Harley Davidson.
Volgens Hattingh is die doel om algemene praktisyns aan boord te kry vir die inisiatief wat bereid sal wees om minstens twee kinders pro bono te sien om te verseker elke kind kry die beste mediese sorg.
Pediatric Care Africa fokus daarop om fondse vir die doel in te samel en glo Hattingh dat dokers nie lewens red nie, maar geld wel.
Vir Hattingh is dit belangrik om vrywillige algemene praktisyns te kry wat bereid is om kinders pro bono mediese sorg te bied. Hy moedig ook ander vrywilligers aan om hom te nader indien hulle sy missie wil ondersteun.
Hy het Sondag uit Oudtshoorn na George vertrek, en vandaar na Gqeberha (Port Elizabeth). Hy het reeds deur Oos-Londen, Port St Johns en Durban gery.
Die res van die roete is as volg:
- Dag 5: Donderdag 13 Februarie - Durban waar 'n kinderhuis besoek sal word.
- Dag 6: Vrydag 14 Februarie - Durban na St Lucia.
- Dag 7: Saterdag 15 Februarie - St Lucia na Pongola.
- Dag 8: Sondag 16 Februarie - Pongola na Mbombela (Nelspruit).
- Dag 9: Maandag 17 Februarie - Mbombela.
- Dag 10: Dinsdag 18 Februarie - Mbombela, 'n katoenplaas word besoek.
- Dag 11: Woensdag 19 Februarie - Mbombela na Louis Trichardt via Witrivier en Sabie.
- Dag 12: Donderdag 20 Februarie - Louis Trichardt na Thabazimbi.
- Dag 13: Vrydag 21 Februarie - Thabazimbi na Rustenburg.
- Dag 14: Saterdag 22 Februarie - Rustenburg na Vryburg.
- Dag 15: Sondag 23 Februarie - Vryburg na Upington.
- Dag 16: Maandag 24 Februarie - Upington, besoek Jogébed baba en pleegsorg versorgingshuise.
- Dag 17: Dinsdag 25 Februarie - Upington, rusdag.
- Dag 18: Woensdag 26 Februarie - Upington na Port Nolloth, besoek Alexanderbaai.
- Dag 19: Donderdag 27 Februarie - Port Nolloth na Lambertsbaai.
- Dag 20: Vrydag 28 Februarie - Lambertsbaai na Kaapstad.
- Dag 21: Saterdag 1 Maart - Kaapstad na Kaap Agulhas.
- Dag 22: Kaap Agulhas na Oudtshoorn.
Skandeer die kode om na 'n video-onderhoud met dr Hattingh te luister.
So kan jy help:
- Maatskappye kan Hattingh borg per voltooide kilometer. Borge betaal slegs vir die kilometers wat hy voltooi indien die rit onverhoeds gestaak word. Alle kilometerlesings word volledig gedokumenteer.
- Enigiemand kan finansieel bydra deur skenkings te maak.
- Borgskapdokumente is beskikbaar vir belangstellendes. Om 'n afspraak met hom te reël of meer oor die projek uit te vind, kan Mandy Pieters gekontak word by events@pediatriccareafrica.org of 072 034 0544.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’