Gallery
OUDTSHOORN NUUS - ’n Monument ter herdenking aan die 500 Poolse kinders en hul versorgers wat in 1942 in Oudtshoorn gehuisves is, is op Erfenisdag, 24 September, amptelik onthul.
In aansluiting hierby is daar ook ’n spesiale Poolse uitstalling in die museum ingerig, terwyl ’n nuwe Poolse Erfenisroete in samewerking met Oudtshoorn- en De Rust-toerisme as toeriste-trekpleister bekendgestel is.
Spesiale erkenning is tydens die seremonie gegee aan vier van die oorlewende kinders: Felix 'Kawa' Vaskys, Stanislaw Niekrasz, Robert Magda en Wanda Okreglicki. Hulle het die erelint geknip waarna kranse by die monument gelê is.
’n Afvaardiging van die Poolse ambassade het die geleentheid bygewoon.
Oudtshoorn word internasionaal erken as die spirituele tuiste van die groep Poolse weeskinders, bekend as die Oudtshoornacy of Sybiracy.
Fotogalery: Poolse monument onthul by CP Nel-museum
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’