OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Courant het gister inligting ontvang dat ’n skoolgroep by Kango Bergoord vasgekeer is.
Die inligting is vanoggend bevestig.
Die skoolgroep van 42 leerders en onderwysers van Walvisbaai, asook boskappers en munisipale werkers wat by Bergoord is, is veilig. Sover vasgestel kon word, is daar altesaam 64 mense.
Hulle is sedert gister vasgekeer toe die Raubenheimerdam begin oorloop het en die rivier tussen die akkommodasieterrein en die toegangshek sterk afgekom het.
Die toegangsroete na Kango Bergoord is gesluit. Die situasie word deur die JOC (Gesamentlike Operasionele Sentrum) by die munisipaliteit hanteer, waar nooddienste, die munisipaliteit en die polisie saamwerk. Daar word gewag op amptelike terugvoer van die kantoor van die munisipale bestuurder.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’