Die eerste kuiergas wat ‘n gesin in Condorstraat gehad het, was 'n likkewaan.
Drie personeellede van die munisipale skut het hulle Donderdag te hulp gesnel om die likkewaan in hul tuin te vang.
Volgens mnr. Nico May, skutmeester, sal Cape Nature die likkewaan vandag kom haal.

Die likkewaan op hok
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'