Update
OUDTSHOORN NUUS - Die werknemer van Badenhorst Slaghuis, Fritz Jacobs, wat met die werk se geld en bakkie verdwyn het en sy vriendin Tammy Weyers (Martin), het vandag vir 'n borgtogaansoek in die landdroshof op Oudtshoorn verskyn.
Hulle word van diefstal en die gebruik van 'n voertuig sonder die eienaar se toestemming aangekla.
Die landdros het die saak tot môre vir 'n beslissing uitgestel.
Lees vorige artikels hier:
- Borgtogaansoek uitgestel
- Paartjie verskyn in die hof
- Paartjie in Knysna vasgetrek
- Fritz Jacobs gevang
- Nog geen nuus oor twee vermistes
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'