Die toekenning van die Wes-Kaapse onderwysdepartement is gebaseer op die onafhanklike toetse wat jaarliks deur die WKOD afgeneem word.
Alle leerders in graad 3 en 6 van die 1066 skole Wes-Kaapse laerskole (700 000 leerders) word verplig om die toetse te skryf. Die doel is om die gehalte van onderrig te bepaal en te verbeter.
Wesbank het puik presteer en is een van slegs drie skole in die Wes-Kaap wat die toekenning vir wiskunde ontvang het. Dit het ‘n prysgeld van R20 000 ingesluit.

Tydens die oorhandiging van Wesbank se toekenning is, van links: P Vinejevold (superintendent-generaal van onderwys), Elize van Rensburg (departementshoof grondslagfase), S Wsllace (kurrikulumbestuurder: DHP), Alewyn Hanekom en Donald Grant (minister van onderwys).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'