OUDTSHOORN NUUS - As 1 000 mense die Jerusalema-uitdaging op Plettenbergbaai kan doen kan Oudtshoorn dit verdubbel.
Ingrid Noble, 'n Oudtshoorniet, is hiervan oortuig en daag inwoners uit om op 26 September om 14:00 in massas op te daag en Baron van Reedestraat te laat dawer.
Instrukteurs van die plaaslike dansskool, Pro Academy, gaan die volgende paar weke inspring en op verskeie plekke oefensessies aanbied.
Die volgende oefensessies vind Dinsdag 15 September vanaf 16:00 tot 17:00 en weer Saterdag 19 September op die grasperk langs die CP- Nel-museum plaas.
Volgens Noble het die munisipaliteit reeds ingestem om die gedeelte van Baron van Reedestraat tussen Voortrekkerweg en St Johnstraat op 26 September vir die middag te sluit. Diegene wat gaan deelneem moet voor die Queens Hotel bymekaar kom.
Noble het Donderdag gesê al die instansies waarmee sy gesels het is baie opgewonde. Pro Academy Dancers het 'n video beskikbaargestel waarna mense solank kan kyk en oefen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'