DYSSELSDORP NUUS - Honderde inwoners van Dysselsdorp en kerkleiers het Sondag 'n kerkdiens teen geweld wat deur die Dysselsdorp Aksiegroep gereël is, bygewoon.
Pastoor Joey Thorne het die diens gelei waarna kerkleiers 'n belofte onderteken het as verbintenis om sterk op te tree teen alle vorme van geweld.
Leon Campher, sameroeper van die geleentheid, het gesê die aksiegroep beoog vergaderings met alle rolspelers soos regeringsorganisasies, gemeenskapsleiers, die polisie en departement van maatskaplike ontwikkeling en is ook besig met beplanning van projekte om die jeug van misdaad weg te hou.
Vir verdere inligting oor die Dysselsdorp Aksiegroep skakel Leon Campher by 082 958 4348.
Kerkleiers teken die belofte om voortaan streng teen alle vorme van geweld op te tree.
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'