OUDTSHOORN NUUS - Janien Muller, bekende kunstenaar van Oudtshoorn, het vanjaar aan die Con Spirito-kunskompetisie deelgeneem en fantasties gevaar.
Con Spirito is ‘n unieke Kultuurvereniging wat in 2003 gestig is. Hulle het 'n passie vir kultuur en wil graag vir elke kind die geleentheid skep om sy/haar talente uit te leef.
Sy het vier kunswerke ingeskryf in die gemengde media-, digitale kuns-, grys potlood- en oliepastelleenkatogorieë en het onderskeidelik A+++ (97%), A+++ (98%), A+++ (97%) en A+++ (98%) behaal.
Sy is ook in al vier kategorieë as itemwenner aangewys. Haar inskrywing dring ook deur na Con Spirito se nasionale forte ronde.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’