OUDTSHOORN NUUS - Groot opgewondenheid heers by Buffelsdrift Game Lodge buite Oudtshoorn oor 'n nuwe jagluiperdprojek.
Die projek is verlede Dinsdag aan gastehuiseienaars en mense in die toerismebedryf bekendgestel.
Volgens die besturende direkteur, Andries van Schalkwyk, is die jagluiperdprojek nog 'n uitvloeisel van die Buffelsdrift Foundation wat op bewaring fokus.
Met hierdie projek fokus Buffelsdrift veral op drie mikpunte, naamlik om jagluiperds elders te hervestig om inteling te voorkom, om jagluiperds in veilige areas waar hulle vrylik kan beweeg te hou en om toeriste in te lig oor die waarde van hierdie diere wat bedreig kan word sonder die nodige bewaringsinisiatiewe.
Vir meer navrae oor Buffelsdrift se jagluiperdprojek kan die stigtingbestuurder, Arrie Crafford, by 044 272 0000 of per e-pos by info@buffelfsdrift.com gekontak word.
Andries van Schalkwyk verduidelik die jagluiperdprojek tydens Dinsdag se bekendstelling.
Van die gastehuiseienaars luister na een van die opgeleide jagluiperdgidse, Royden Engelbrecht, voordat hulle begin uitkyk het vir die jagluiperdwyfie. Foto: Garnett Wicomb
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'