Update
OUDTSHOORN NUUS - Inwoners van die Smartietown-omgewing het Woensdagoggend (gister) buitebande by die sirkel in Dassieweg aan die brand gesteek as deel van 'n protesaksie teen swak dienslewering.
Volgens een van die betogers is die gemeenskap ongelukkig oor dakke wat volgens hulle inmekaarval en na jare nog nie vervang is nie.
"Dit hou vir ons mense 'n gevaar in want die dakke kan enige tyd ineenstort. Wat gaan dan gebeur? Wie gaan verantwoordelik wees vir moontlike beserings of selfs, God forbid, sterftes of ernstige beserings," wou hy weet.
Klagtes oor beweerde haglike sanitasie geriewe is ook geopper en moontlike werkskepping vir die inwoners sou daar besluit word om die nodige herstelwerk te doen.
'n Groot polisieteenwoordigheid was deurgaans op die toneel. Teen druktyd was protesteerders steeds op die toneel en geen beserings of ernstige skade aan eiendom is aangemeld nie.
'n Navraag oor die beweringe van protesteerders is aan die munisipaliteit gestuur.
Vorige artikel: Smartietown betoog teen dienslewering
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'