Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die herstelwerk wat die afgelope week in 'n tonnel onder die wal van die Raubenheimerdam plaasgevind het, is byna afgehandel.
Die munisipaliteit het voorverlede week inwoners ingelig dat watervoorsiening aan die dorp tydelik direk vanuit die Melville dam sal kom.
Dit het gevolg nadat 'n lekplek in die hooftoevoer vanaf die Raubenheimerdam ontdek is.
Ntobeko Mangqwengqwe, kommunikasiebeampte van die Oudtshoorn-munisipaliteit het vanoggend gesê die pyp is herstel en die beton-omhulsel word tans voltooi.
Die Melvilledam se vlak het tydens die herstelwerk van 100% tot 78% gedaal. Die Raubenheimerdam se vlak is tans 51,87%. As die huidige inhoud van die Melvilledam bygereken word is die vlak 55,77%.
Streng waterbeperkings is steeds van toepassing.
Kyk 'n video hieronder:
'n Lekplek is in die hooftoevoer ontdek.
Herstelwerk is amper afgehandel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'