Die eerbetoon vind gewoonlik plaas op die Sondag die naaste aan 11 November.
Dit is oorspronklik Wapenstilstandsdag genoem ter herinnering aan die wapen-stilstandooreenkoms wat die Eerste Wêreldoorlog beëindig het op die elfde uur van die elfde dag van die elfde maand.
Lede kom nie slegs op die dag byeen om die oorlog te herdenk nie, maar om nabetragting te doen oor die menslike tragedie van die oorlog, oor die wat hul lewens verloor het, maar ook almal wat op een of ander wyse geraak is. Baie soldate het teruggekeer met onbeskryflike fisiese en geestelike wonde.
Die MOTH-orde is gebore uit die nasleep van die verskrikkinge van die Eerste Wêreldoorlog, en streef daarna om hulde te bring aan dié wat hul lewe opgeoffer het, sodat Suid-Afrikaners vandag in vrede kan leef.
Hoewel dit eerbaar is om jou lewe vir jou medemens te gee, moet ons besef dat daar geen heerlikheid in oorlog lê nie.
As organisasie is die MOTH's toegewyd aan die bevordering van vrede en eensgesindheid, en bedank elkeen wat tyd gemaak het om hierdie waardige geleentheid by te woon en ook die kranslêers en lede van die publiek wat hierdie dag ondersteun het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’