OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn MOTH Halfaya Pass Shellhole, het Vrydagoggend, 21 Februarie, grafte van gestorwe soldate by die Oudtshoorn Metodiste-begraafplaas netjies gemaak.
Die graf van wyle James Conroy van 32 bataljon, wat op 20 jarige ouderdom in diens gesterf het, asook die grafte van 14 gevalle soldate is ook skoon en netjies gemaak. Na afloop van die skoonmaakaksie is 'n heildronk op die 15 soldate gedrink.
Die konsep van ware kameraadskap, gesamentlike hulp en nagedagtenis is die inspirasie agter die MOTH-klub.
Die huidige Shellhole in Hoogstraat, is in September 1992 in gebruik geneem waar hulle tans hul byeenkomste hou.
Die oorspronklike Shellhole is gestig deur oudsoldate van die omgewing wat gedien het tydens die Tweede Wêreldoorlog van 1945 te Halfaya Pass in Egipte.
Die 'Memorable Order of Tin Hats', waarvoor die Moth Shellhole staan, ondersteun sedert 1927 weermag- en polisieveterane, aktiewe lede en ondersteuners.
Daar is verskeie vlakke in die organisasie wat landwyd bestaan met ongeveer 3 000 lede. Die MOTH-hoofkwartier is na die eerste wêreldoorlog te Warriors Gate in Durban gestig op 7 Mei 1927 op die beginsels van: ware kameraadskap, onderlinge hulp en opregte nagedagtenis.
Vorige artikels
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’