Update
OUDTSHOORN NUUS - 'n Vier maande oue fetus is op 28 Oktober by die Oudtshoorn-rioolwerke deur werkers gevind.
Die area is deur die Oudtshoorn-polisie afgekamp en patologie het die fetus verwyder.
Ao. Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, voer ook aan dat dit vermoedelik iemand is wat geboorte aan 'n baba, wat reeds dood was, geskenk het en dit dalk probeer wegsteek het.
Enigiemand met inligting kan met die Oudtshoorn-polisie in verbinding tree by 044 272 9000.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'