"Ons is nog besig om die trauma van ons kleinkind se dood te verwerk," het die seun se oupa, Hamilton Paraoh, Dinsdag gesê. Josh Pharaoh (9) van die Paarl was Vrydagmiddag saam met familielede by die KKNK waar hulle die weermag se uitstalling besoek het.
“Die KKNK is bewus van die fratsongeluk op Vrydag, 14 April 2017 by die SANW se feesuitstalling, wat aanleiding gegee het tot Josh Pharaoh (9) se dood Sondagoggend in die Life Bay View Hospitaal op Mosselbaai. Ons harte gaan uit na Josh se hele familie, maar veral na sy ouers en grootouers. Ons wens hulle alle sterkte toe met die reëlings vir sy begrafnis en die baie moeilike tyd wat vir hulle voorlê.”
- Boy (9) dies at KKNK: Mayor's condolences
- Seuntjie (9) sterf na fratsongeluk by KKNK
- Opvolg: Seun beseer by KKNK