Seuntjie (9) sterf na fratsongeluk by KKNK

Die voertuig waarvan Josh geval het. Foto: Hannes Visser.

OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die seuntjie wat Vrydagmiddag ernstige hoofbeserings in n fratsongeluk op 'n weermagvoertuig opgedoen het, is vanoggend oorlede.
 
Josh Pharoh (9) van Paarl, is beseer toe hy Vrydagmiddag by die SA Weermag se uitstalling op 'n pantservoertuig geklim het, sy balans verloor en in die ruim van die voertuig ingeval het.
 
Hy is Vrydag vanaf Oudtshoorn na die Life Bay View Hospital (Mosselbaai) oorgeplaas waar hy vanoggend oorlede is. Ons innige meegevoel met sy ouers en familie.
 
 
Meer inligting volg soos dit bekend word.
 
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Oudtshoorn Courant