Verskeie renjaers het hul motors op die proef gestel met die oog op die Klein-Karoo Kampioenskappe (KKK) wat op 12 Julie plaasvind. Wenners van dié kampioenskappe ontvang elk `n volstruiseier-trofee.
Terwyl `n paar renjaers reeds jeuk vir die geleentheid om vir `n eier mee te ding, het talle ander besluit om maar eerder hul kaarte styf teen die bors te hou.
Saterdag se lae getal inskrywings het tot gevolg gehad dat die ontwikkelings- en beginnersklas saam gery het. Die viersilinderklasse het ook in een ren meegeding en die twee V8-klasse het saam met die Heavy Metal-klas gery.
Cheré Dawson het Rietha Oosthuizen in die ontwikkelingsklas uitgestof met Arno Shaw in die derde plek. Rayno Carrara het die Beginners klas ingepalm.
Nie een van die deelnemers in die 1660-klas kon daarin slaag om die finaal klaar te maak nie.
Die 2.1-klas was gewen deur Johnn Botha.
Die Hitsmotor-klas is oorheers deur Hendrik Beets van Tygerberg Raceway in Kaapstad. Sydney van Rensburg was in die tweede plek, gevolg deur Corné Oosthuizen.
Andre le Roux het die heavy metal-klas gewen, gevolg deur Louis Jansen.
Die wenner van die Lexus V8-klas was Wallie du Toit.
Die Gemodifiseerde V8-klas is gewen deur Bennie Greyling, gevolg deur Lodewyk Lotz.
André le Roux het die heavy metal-klas gewen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'