Breaking News
OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorniete word gemaan om water te kook voor hulle dit drink.
Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, het ‘n persverklaring uitgereik waarin hy sê, “die resultate van watermonsters wat die munisipaliteit vanoggend geneem het, toon ‘n hoë bakterieë inhoud.
"Die publiek word gevra om water te kook voor menslike gebruik.”
Munisipale bestuurder, Allen paulse het gesê, “die munisipaliteit neem onmiddelik ernstige stappe om die probleem aan te spreek.
"Opvolgmosters sal gereeld geneem word en inwoners sal op hoogte gehou word van die situasie.”
Paulse sê ‘n ondersoek is aan die gang om die oorsoak van die besoedeling vas te stel.
“Ons vra om verskoning vir enige ongerief.”
Die waarskuwing sluit Dysselsdorp en De Rust uit.
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'