OUDTSHOORN NUUS - Drie mans van Oudtshoorn wat aan dwelmhandel en een van hulle ook aan roekelose bestuur en poging tot moord skuldig bevind is, is in die streekhof vonnisse van tussen drie en vyf jaar opgelê.
Simphiwe Ndoni (30), Ephrahim Malgas (40) en Anrich Williams (28) is daarvan aangekla dat hulle op 14 Maart 2019 in besit was van dwelms en weggejaag het vir die polisie.
Williams is ook skuldig bevind aan roekelose bestuur en poging tot moord.
Ndoni en Malgas se getuienis dat hulle die betrokke dag 'n rygeleentheid by Williams gekry het is deur die hof verwerp, terwyl Williams besluit het om nie te getuig nie.
Ndoni het getuig dat die dwelms aan hom behoort het en Malgas en Williams nie daarvan bewus was nie.
Streeklanddros Sylvia Mandla, het Ndoni en Malgas se getuienis verwerp en hulle is saam met Williams aan handel in dwelms skuldig bevind.
Ndoni en Malgas is onderskeidelik tot vyf en drie jaar gevangenisstraf gevonnis terwyl Williams effektief tot vier jaar gevangenisstraf gevonnis is.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'