OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie het weereens 'n beroep op die gemeenskap gedoen om nie waardevolle items in hul voertuie te los nie.
Volgens kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie is daar 'n toename aan diefstal van uit voertuie.
"Daar is al hoe meer sake wat by die polisie aangemeld word. Dit is kommerwekkend dat mense steeds waardevolle items in hulle voertuie los en dit boonop nog sigbaarlaat vir enigiemand om te sien."
Visser sê ongeveer die helfte van die sake vind in die nag plaas en heel party van die sake oor naweke.
"Daar is egter nie enige tendense ten opsigte van tyd, plek dag nie."
Hy het wel bygevoeg dat daar meestal beursies, kontant selfone en selfs skootrekenaars in die voertuie gelos word.
"Ons wil dit weer beklemtoon dat daar op enige tyd van die dag of nag by joe voertuig ingebreek kan word en ons vra dat mense onder geen omstandighede waardevolle eiendom in die voertuig los nie.
"As dit nie anders kan nie, moenie dit opsigtelik los nie, en nog beter sluit dit in die kattebak toe.
"As die voertuig in die nag buite parkeer word, probeer om dit in ‘n goed beligte area te doen."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'