DE RUST NUUS - Die saak teen 'n buitelandse burger wat van moord op 'n man van De Rust aangekla word, is verlede Woensdag in die Oudtshoorn-streekhof tot Maart uitgestel nadat hy 'n nuwe regsverteenwoordiger aangestel het.
Rahael Ahmed van Bangladesh (34), eienaar van 'n spazawinkel in Dwarsstraat in De Rust, word van moord op Fernando Benn (24) aangekla. Die voorval het op Kersdag 2020 plaasgevind.
Die ondersoekbeampte, sers. Ricardo Julius, het die hof met Ahmed se borgtogaansoek meegedeel dat die beskuldigde glo tydens 'n struweling op die betrokke dag met die oorledene, glo een keer met 'n skerp voorwerp gesteek is.
Hy het die oorledene daarna glo twee steekwonde toegedien - een in die nek en een in die bors. Ahmed het tydens sy borgtogaansoek aangedui dat hy onskuldig sal pleit wanneer die verhoor begin.
Hy moes 'n nuwe regsverteenwoordiger aanstel omdat sy vorige een in 'n ongeluk ernstig beseer is. Streeklanddros Sylvia Mandla het die saak vir verhoor tot 2 Maart uitgestel en Ahmed se borgtog van R500 sowel as sy borgtogvoorwaardes verleng.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'