Update
DE RUST NUUS - Die saak teen ‘n buitelandse burger wat van moord op ‘n man van De Rust aangekla word, is verlede Woensdag in die Oudtshoorn-landdroshof uitgestel nadat sy nuwe regsverteenwoordiger op rekord gekom het.
Rahael Ahmed (34) van Bangladesh, eienaar van ‘n spazawinkel in De Rust, word van moord op Fernando Benn (24) aangekla.
Die ondersoekbeampte, sers. Ricardo Jullius, het die hof met Ahmed se borgtogaansoek meegedeel dat die beskuldigde glo tydens ‘n struweling met die oorledene een keer met ‘n skerp voorwerp gesteek is.
Hy het die oorledene daarna twee steekwonde, een in die nek en een in die bors, toegedien, en het aangedui dat hy onskuldig sal pleit wanneer die verhoor begin.
Sylvia Mandla het die saak op versoek van Ahmed se nuwe regsverteenwoordiger, adv. Steven Lourens, tot 14 Oktober uitgestel en Ahmed se borgtog van R500, sowel as sy borgtogvoorwaardes, verleng.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'