Update
DE RUST NUUS - Die saak teen ‘n spazawinkeleienaar wat van moord op ‘n man van De Rust aangekla word, is Maandag in die landdroshof vir verdere ondersoek uitgestel.
Rahael Ahmed (34) van Bangladesh word van moord op Fernando Benn (24) aangekla.
Volgens die ondersoekbeampte, sers. Ricardo Jullius, is die beskuldigde tydens ‘n struweling tussen hom en die oorledene op Kersfeesmiddag verlede jaar een keer met ‘n skerp voorwerp gesteek.
Hy het die oorledene daarna twee steekwonde, een in die nek en een in die bors, toegedien.
Landdros Marvin de Vos het Ahmed se borgtog van R500 en sy borgtogvoorwaardes verleng en die saak tot 9 Maart uitgestel.
Hy mag onder meer nie op De Rust kom nie.
Vorige artikel: Moordverdagte kry borgtog
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'