OUDTSHOORN NUUS - Die vriende en trustees van die CP Nel-museum hou hul algemene jaarvergadering op Donderdag 17 Julie om 18:30 in die volstruissaal by die museum.
Lede en inwoners word aangemoedig om die vergadering by te woon.
Vir navrae kontak Carol Jeal by 083 268 6708.
Besoektye en toegangsfooie
Die museum is van Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 15:00 oop vir besoekers.
Volwassenes
• Internasionale besoekers, R100 per persoon.
• Suid-Afrikaanse besoekers met ’n Suid-AFrikaanse identiteitsdokument, R50 per persoon.
• Pensionarisse R30 per persoon.
Kinders
• Voorskoolse kinders gratis.
• Leerders betaal R20 per leerder en studente ook R20 per persoon.
• Vir enige navrae kan 072 742 2489 gekontak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’