Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS - 'n brand het vroeër vanmiddag (17 Julie) by die Smitswinkel-restaurant in Langenhovenweg, Oudtshoorn, uitgebreek.
Volgens inligting wat tot dusver beskikbaar is, het die brand na bewering in die kombuis ontstaan voordat dit vinnig deur die restaurant versprei het.
FOTOGALERY: Smithswinkel brand af in Oudtshoorn
Brandweerpersoneel was binne minute op die toneel, met lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en verkeersdienste wat die gebied beveilig het. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se brandweer het ook aangesluit om die vlamme onder beheer te bring.
Sover vasgestel kon word, is niemand tydens die voorval beseer nie.
Die omvang van die skade is nog nie bekend nie en die oorsaak van die brand moet nog ondersoek word.
Die Oudtshoorn Courant sal die berig bywerk sodra meer inligting beskikbaar is.
VIDEO'S:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’