OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Boer van die Kammanassie-distrik, wat daarvan aangekla word dat hy die nasionale waterwet oortree het, het verlede Donderdag weer vlugtig in die Oudtshoorn-streekhof verskyn.
Die staat beweer dat Ebon le Roux (44) tussen 2016 en 2017 wederregtelik en opsetlik water uit die Kammanassierivier gebruik het op 'n wyse anders as toegelaat.
Die alternatiewe klagtes is dat hy water gebruik het teenstrydig met die voorwaardes deur dit uit die rivier te pomp vir besproeiingsdoeleindes asook nadelige beïnvloeding van die waterbron deur wederregtelik en opsetlik water uit die rivier te pomp.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'