Update
OUDTSHOORN NUUS - Foto's van kennisgewingborde wat by die geskiedkundige hangbrug in Kerkstraat aangebring is, is vanoggend aan die Oudtshoorn Courant gestuur.
Dit is onduidelik wie die borde opgerig het.
Die Oudtshoorn Courant het die jaar verskeie berigte geskryf oor die besoedelde water wat uit 'n pyp langs Kerkstraat in die Grobbelaarsrivier beland. Dit kom glo van die weermagbasis af.
Die munisipale woordvoerder, Ntobeko Mangqwengqwe, het gesê die gryswater kom van die weermagbasis af en alhoewel dit stink, meen hy dat dit nie rou riool bevat soos wat mense beweer nie.
Hy sê die weermag is reeds verskeie kere genader om aandag aan die probleem te gee, maar hulle beskik glo nie oor finansies om die probleem op te los nie.
Volgens hom probeer die munisipaliteit die reuk beveg deur chloor in die pyp te gooi, maar dit is nie effektief nie.
Die Oudtshoorn Courant het in Meimaand vanjaar van die water opgevang en aan 'n laboratorium gegee vir toetsing. Die vlak van besoedeling kon nie bepaal word nie, maar daar is bevestig dat daar aanduidings is dat daar hoëvlak besoedeling in die water is.
Een van die borde wat opgerig is.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'