Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Bejaarde inwoners van Coronation Memorial tehuis vir bejaardes is tans sonder verpleegsorg.
Verpleegpersoneel wat buite die hekke staan het 'n rukkie gelede gesê hulle is glo vanoggend ingelig dat die bestuursraad nie hulle dienste benodig nie.
Die Oudtshoorn Courant se poging om met 'n bestuurslid op die perseel te praat is van die hand gewys.
Die voorsitter van die bestuursraad, Charles Basson, het telefonies gesê die kwessie is sub-judice en hy gaan nie reageer nie.
'n Sekerheidsmaatskappy is sedert middernag laasnag aangestel om toegangsbeheer toe te pas.
Van die beweringe wat deur die personeel gemaak word is dat die bestuur nie rekeninge betaal nie, inwoners se sakgeld terughou en ook nie basiese aankope soos gas en skoonmaakmiddels doen nie.
Kyk 'n video hieronder.
Lees 'n vorige artikel: Vier bejaardes ontvang uitsettingsbriewe
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'