OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 'n egpaar van Oudtshoorn, wat tereg staan op 68 klagtes van bedrog waarby miljoene rande betrokke is, is in die Oudtshoorn strteekhof vir verdere verhoor tot volgende jaar uitgestel.
Marthinus en Johanna Rabie word daarvan aangekla dat hulle glo tussen 2006 en 2008 op onwettige wyse tenders van miljoene rande van die Wes-Kaaps Departement van Landbou verkry het vir ontwikkelingsprojekte op plekke soos onder andere Matjiesrivier, Ladismith, Zoar en Prins Albert.
Johanna Rabie was die eienaar van twee beslote korporasies, Attaqua en Gwaiing Ontwikkelings, terwyl haar man 'n tegnikus in diens van die departement was.
Die staat beweer dat hy sy posisie misbruik het om sy vrou se besighede te bevoordeel.
Drie datums, 14, 16 en 22 Februarie 2018 is vir verdere verhoor vasgestel.
Die saak dien voor streeklanddros Daniel Boks.
Lees 'n vorige artikel: Egpaar-bedrogsaak duur voort
ARTIKEL: GARNETT WICOMB, OUDTSHOORN COURANT KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'