OUDTSHOORN NUUS - 'n Rekordgetal atlete het in perfekte weer aan die ATKV se reeks straatmyle deelgeneem.
Dit is Woensdag 18 Desember afgesluit met die ATKV Straatmyl in Hartenbos nadat die eerste been, die Klein Karoo Straatmyl, in Oudtshoorn, op 16 Desember afgeskop het met vier droommyle! ‘Die roete in Paardekraalweg is nie die maklikste een nie en droommyle is maar skaars hier. Dit was weer eens die geval vanjaar waar Keanu Domingo van PTC dit net-net in die Mans Ope misgeloop het met ‘n tyd van 4:00,5! Hy is gevolg deur Elvis Mokhonoana (4:03.1) en die 17- jarige Thinus Erasmus [Boxer AC] derde in 'n tyd van 4:08.5. Met hierdie vertoning het Keanu ook die Grand Prix-prys ingepalm as die beste mans-atleet van die Eden-straatmylreeks 2024!
Die Vroue Ope is gewen deur Andrea Steynberg [PTC] in 4:54.0 gevolg deur Erna-Mari Conradie (Paarl AC) in 5:04,3 en Micke Jansen van Rensburg (Boxer AC) derde in 5:21,1. Erna-Mari Conradie is ook aangewys as die Grand Prix-wenner vir vroue.
Die pryse vir die Beste SWD-atlete het gegaan aan Thinus Erasmus (mans) en Jandri Snyders (vroue).
Die ander kategorie-wenners
Jong Talent ID seuns – Rocco Hutchinson - 4:51.7.
Jong Talent ID dogters – Taya Pelser - 5:15.4
Jeug seuns – Bertus van der Linde - 4:22.6
Jeug dogters – Luca de Waal - 5:15.7
40+ mans – Gawie van Jaarsveld - 5:15.5
40+ dames – Simone Botha - 6:27,9
Junior mans – Thinus Erasmus - 4:08,5
Junior dames – Andrea Steynberg - 4:54.0
ASICS het ook tien koopbewyse van R3000 elk geborg vir die aankoop van hardloopskoene vir ontwikkelings- en junior atlete wat groot potensiaal toon. Dit is dan ook gepas deur die Olimpiese en oud-SWD-atleet, Elroy Gelant, oorhandig.
Die 'fun' myl-item het nie minder nie as 56 deelnemers gelok; voorwaar 'n aanduiding van die sukses
Groot waardering en dank gaan ook na al die borge, donateurs, diensverskaffers, media en radio, verkeersdepartemente, die duisende toeskouers, atlete en, veral, die reëlingskomitee, onder leiding van Hans van der Veen. Sonder hulle sou die Eden-straatmylreeks 2024 nie met soveel sukses kon plaasvind nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’