Breaking News Update
OUDTSHOORN NUUS - 'n Betroubare bron het Donderdag egter gesê dat Hendricks nie die skorsing beveg het nie, maar reël 6.2 wat handel oor die redes vir die skorsing van seniorbestuurders.
Luidens die bron het Hendricks net 'n brief ontvang waarin hy van sy skorsing ingelig is, maar daar is nooit aan hom redes verskaf nie.
Die bron verduidelik dat die wet sê dat redes aangevoer moet word wat verduidelik waarom die seniorbestuurder gedurende die skorsing by die huis moet bly, in plaas daarvan om by die werk te wees terwyl die proses aan die gang is.
Die implikasie is dat die persoon wat geskors is, sowel as die persoon wat waarnemend aangestel is, salarisse verdien. Volgens die bron was Hendricks nie hiermee tevrede nie.
Die munisipale bestuurder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, Walter Hendricks, is op 16 September, tydens 'n raadsvergadering geskors en 'n nuwe waarnemende munisipale bestuurder is in dieselfde vergadering aangestel.
Die uitvoerende burgemeester, Johan Allers, het gister, 17 Oktober, in 'n mediaverklaring ten opsigte van Hendricks se skorsing gesê hy verwelkom die beslissing wat Ownesdag 16 Oktober in die Hooggeregshof op George geneem is.
"Die aansoek deur die munisipale bestuurder, mnr. Walter Hendricks, om sy skorsing tersyde te stel is, van die hofrol geskrap, met koste. Dit bring ’n einde aan sy pogings om sy skorsing op verskeie aanklagte van ernstige wangedrag tersyde te laat stel."
Volgens Allers het die uitspraak die algemene standpunt bevestig dat die regering van plaaslike eenheid reg was om Hendricks op skorsing te plaas. Allers het ook gesê dat die munisipaliteit binnekort met die proses sal begin om sy regskoste in die saak te verhaal.
Hy noem ook dat die munisipaliteit skriftelike bevestiging van die kantoor van die LUR vir Plaaslike Regering in die provinsie, Minister Anton Bredell, ontvang het dat hy saamstem met die aanstelling van mnr. Mkhukuli Yekani as Waarnemende munisipale bestuurder in die plek van Hendricks.
'n Betroubare bron het Donderdag egter gesê dat Hendricks nie die skorsing beveg het nie, maar reël 6.2 wat handel oor die redes vir die skorsing van seniorbestuurders.
Luidens die bron het Hendricks net 'n brief ontvang waarin hy van sy skorsing ingelig is, maar daar is nooit aan hom redes verskaf nie.
Die bron verduidelik dat die wet sê dat redes aangevoer moet word wat verduidelik waarom die seniorbestuurder gedurende die skorsing by die huis moet bly, in plaas daarvan om by die werk te wees terwyl die proses aan die gang is. Die implikasie is dat die persoon wat geskors is, sowel as die persoon wat waarnemend aangestel is, salarisse verdien. Volgens die bron was Hendricks nie hiermee tevrede nie.
Hendricks het kort na sy skorsing in September gesê dat daar 11 klagtes teen hom is en dat hy besig is om met sy prokureur oor die aangeleentheid te gesels.
Hy is sewe dae kennis gegee om op die klagtes te reageer, maar hy het gevra dat die raad hom meer duidelikheid gee oor van die klagtes teen hom.
"Dit is egter nie gedoen nie, en kon ek nie volledig op die klagtes teen my reageer nie."
Hy het nie op die klagtes teen hom uitgebrei nie.
Vorige artikel: Tussenverkiesing op pad vir wyk 9
Volgens Allers het die uitspraak die algemene standpunt bevestig dat die regering van plaaslike eenheid reg was om Hendricks op skorsing te plaas. Allers het ook gesê dat die munisipaliteit binnekort met die proses sal begin om sy regskoste in die saak te verhaal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’