OUDTSHOORN NUUS - Alle paaie lei Saterdag 27 Augustus na Outeniquapark in George waar SWD Karoostreek sowel as die Oudtshoorn Rugby Landelike Voetbalunie se eindstryd gespeel sal word.
In die Karoostreekfinaal sal Dysselsdorp Rangers teen Haarlem Swings om 13:15 te staan kom.
Rangers het hul plek bespreek deur Beaufort-Wes in 'n wegwedstryd-halfeindstryd met 20 - 6 te klop.
In die Oudtshoorn Rugby Landelike Voetbalunie se eindstryd sal Kavaliers (Grootkraal) om 12:00 teen Lategansvlei te staan kom.
Kavaliers het Kruisrivier Rebels met 15 - 5 in die halfeindstryd geklop terwyl Lategansvlei met Welbedaght Blue Birds (18 - 12) afgereken het om hul plekke in die eindstryd te bespreek.
Dysselsdorp Rangers.
Kavaliers (Grootkraal). Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'