PRINS ALBERT NUUS - Minister Anroux Marais, Wes-Kaapse minister van sport en kultuur, het pas die sesde Prins Albert Leesfees geopen.
Die gasspreker was dr Theuns Eloff van die Dagbreektrust.
In sy openingsrede het Eloff gesê ons jeug is besig om verlore te raak omdat die belangrikheid van boeke by hulle verbygaan.
Hy sê geleenthede soos die Leesfees skep 'n atmosfeer en kultuur waarbinne die jeug weer kan begin lees.
Vanjaar se fees strek vanaf vandag, Vrydag 3 November tot Sondag 5 November en is die ideale wegkomkans vir die hele naweek, of slegs 'n dag.
Vir die volledige program besoek www.princealbert.org.za/leesfees. Kaartjies kan ook hier aanlyn bespreek word.
Lees 'n verwante artikel: Leesfees is hier
Gaste tydens die opening. Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Prins Albert, Karoo nuus'