Gallery Update
OUDTSHOORN NUUS - Twee pasiënte is na 'n hospitaal in George geneem na drie voertuie vanmiddag in 'n kettingbotsing op die George-pad betrokke was.
Een van die pasiënte, 'n insittende van die insleepvoertuig wat die agterste voertuig in die botsing was, moes deur nooddienstepersoneel uit die voertuig gesny word.
Volgens inligting wat op die toneel bekom is, was al drie voertuie wat in die ongeluk betrokke was van George na Oudtshoorn onderweg.
'n Groot vragmotor het oor 'n bult gery en vir padwerke wat direk oor die bult was, gerem. 'n Bakkie met Oudtshoorn-insittendes het agter in die vragmotor vasgery waarna die insleepdiens-vragmotor agter in die bakkie vasgery het.
Die bestuurder van die insleepvragmotor het beheer oor die voertuig verloor en ongeveer 25 meter verder in die veld tot stilstand gekom.
'n Insittedende in die bakkie het 'n ernstige fraktuur aan sy bo-been opgedoen en sy rug beseer terwyl die insittende in die insleepdiensvoertuig moontlik sy bekkenbeen gebreek het.
Lees 'n vorige artikel: 3 voertuie in botsing betrokke
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'