OUDTSHOORN NUUS - Drie Oudtshoorniete het die afgelope naweek toekennings by die Wes-Kaap se sporttoekenningsgeleentheid ontvang.
Volgens Dave van der Walt, sekretaris van die Eden-sportraad, is dié glansgeleentheid in Ou Mutual Park in Pinelands deur die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport aangebied is. Die gasvrou was die Weskaapse Minister van Kultuursake en Sport, Anroux Marais.
Elma Davis (Oudtshoorn), van die Eden Rolbalklub is aangewys as die Wes-Kaapse Sportvrou van die jaar en haar man, Trevor, ook van die Eden Rolbalklub, is aangewys as die Wes-Kaapse Administrateur van die jaar.
Jacquine Strydom, 'n leerder van Langenhoven Gimnasium op Oudtshoorn en 'n lid van Eden Skopboks is aangewys as die Wes-Kaapse Skolesportvrou van die jaar.
Hoërlandbouskool Oakdale se 560kg toutrekspan is aangewys as Wes-Kaapse Skolespan van die jaar.
Die ander wenners was Antonio Farmer van ASWD (Wes-Kaapse Skolesportman), Claudio Miller van Eden Lewensredding (Wes-Kaapse Afrigter) en Deidre Cloete (Wes-Kaapse Sportfotograaf).
Van der Walt sê die Eden Sportraad ook trots op die finaliste wat na die Wes-Kaapse Sporttoekennings deurgedring het.
Hulle is:
- ASWD (Federasie),
- Doriano Moretti van Eden Skerm (Nuweling),
- Janine Kotze van Eden Pluimbal (Tegniese Uitmindheid),
- Christo Vermaak van die Oudtshoorn Courant (Sportjoernalis),
- Oudtshoorn Christelike Jeugforum (Rekreasie),
- Kalma Hayes van Eden Perdesport (Gemeenskapsbouer),
- SK Mid-Amateur Gholspan (Span),
- Tembalethu Jukskei (Inheemse Sportspan),
- Alvine Volkwyn van Carpe Diem (Sportvrou met Gestremdheid),
- Chris Patton van Eden Rolbal (Sportman met Gestremdheid),
- Meike Strydom van ASWD (Junior Sportvrou),
- Jean du Plessis van Krieket SWD (Junior Sportman),
- Jovan Rebula van SK Gholf (Sportman),
- Joy Goulooze van Eden Lewensredding (Vrywilliger) en
- Laerskool Franken van Herald se judospan (Ontwikkelingsskoolspan).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'