WES-KAAP NUUS - Een en twintig mense is sedert Vrydag op die Wes-Kaapse paaie dood.
Dit sluit in 10 mense wat agterop ‘n bakkie gesit het toe die voertuig gister in die vroee oggendure op Ou Kaapse Weg in Steenberg, Kaapstad omgeslaan het en verskeie kere gerol het.
Wes-Kaapse Verkeershoof, Kenny Africa sê vyf voetgangers is ook sedert Vrydag doodgekry.
Africa sê altesaam 17 motoriste is die naweek in hegtenis geneem vir dronkbestuur. Hy sê die bestuurder met die hoogste alkohol-lesing is gister op Mosselbaai in hegtenis geneem en was vyf keer oor die wettige limiet.
Africa sê verkeerspolisie op Oudtshoorn het ook hulle hande vol gehad met ses voetgangers wat dronk op straat was.
Altesaam 83 motoriste is die naweek beboet nadat hulle die spoedlimiet oorskry het en ‘n motoris is op Mosselbaai deur verkeersbeamptes voorgekeer nadat hy 160km per uur in ‘n 120km sone gery het.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'