Breaking News Update
OUDTSHOORN NUUS - Een van die verdagtes wat Woensdag in verband met die moord op Preston Titus in hegtenis geneem is, het vandag in die hof verskyn.
Cabiso Klip (23) is saam met 'n 37-jarige vroulike verdagte gearresteer maar die vrou is intussen vrygelaat.
Klip het vandag vir 'n borgtogaansoek verskyn.
Advokaat Benito Metembo verskyn in opdrag van Clyde Avontuur vir hom.
Ten spyte van hewige teenkanting van Metembo se kant af, is die borgtogaansoek deur die hof na 13 Desember uitgestel.
Die hof is vanmiddag kort voor 16.00 verdaag.
'n Familielid van Klip het, na die saak uitgestel is, in die hof opgespring en hardop gesê dat dit onregverdig as hy (Klip) in die tronk moet sit terwyl die baas brein agter Preston se dood buite rondloop.
Lees verwante artikels:
- Vermoorde soldaat gehuldig
- 2 in Hegtenis vir moord
- Man en vrou gearresteer in Titus-moord
- ANC-Raadslid tans nie in hegtenis
- Geen arrestasie na moord
- Eggenoot van raadslid sterf
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'