Update
OUDTSHOORN NUUS - Estrolita Williams (38) is een van 11 persone met gestremdhede wat op 27 Februarie aan die Top Model South Africa-kompetisie in Pretoria deelgeneem het.
Williams is 'n bekende gesig op Oudtshoorn en ly aan serebrale gestremdheid.
Sy sê sy het aan die diversiteit-afdeling van die modelkompetisie deelgeneem.
"Hulle kon nie 'n wenner kies nie en al 11 van ons is toe vir ons deelname vereer. Twee van die deelnemers was mans. Dit was vir my 'n ongelooflike eer en voorreg om hieraan deel te neem."
Volgens haar is sy ook nou deel van die Top Model SA span.
"Ek is baie trots op myself dat ek sover gekom het. Ek sou dit egter nooit sonder die mense wat my gehelp het kon doen nie. Ek wil aan al my ondersteuners, vriende en familie wat gehelp het om my daar te kry baie dankie sê. Ek waardeer julle baie."
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'