OUDTSHOORN NUUS - Een van Oudtshoorn se topmodelle, Rebecca Emily Krowitz (21), gaan op 27 Februarie aan die Top Model SA-kompetisie deelneem.
Krowitz is 'n oud-Struisie en is tans in haar derde jaar by die Isa Carstens Skoonheidsakademie waar sy somatologie studeer. Sy is ook die voorsitter van die akademie se studenteraad.
Krowitz sê modelwerk was altyd haar passie en het sy haar modelloopbaan op die ouderdom van 14 by Reflekt Model Management aangesluit. Sy was tot aan die begin van die jaar deel van dié agentskap waarna sy besluit het om by Top Model South Africa aan te sluit.
Sy neem aan die Fresh Face-kategorie in die eindronde deel.
"Hierdie is 'n ongelooflike geleentheid vir my. Ek is vreeslik opgewonde om die dorp saam met Estrolita Williams te verteenwoordig."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'