Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die watervlak van Oudtshoorn se hoofwaterbron, die Koos Raubenheimerdam, is tans op slegs 30%.
Die Melvilledam wat bokant die Raubenheimerdam lê is vol, maar dit beslaan slegs 5% van die volume van die Raubenheimerdam.
Die twee damme saam gee dus 'n watervoorraad van 35%. Dit is nog nie seker of sneeu wat laasnag op die Swartberge geval het, die damvlak noemenswaardig sal laat styg as dit smelt nie.
Kyk 'n video hieronder.
Koos Raubenheimerdam op 2 Julie 2018. Foto: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'