TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
Trunkie (trun-kie) s.nw., trunkies. (geselstaal) (n.d. Eng. trunks) Los slaap- of onderbroek met kort pype: Ek het my nie eers geshower nie … (Ek) gaan … maar netso in my trunkie, in my slaapklere (C. Nel: Oorgang, 2008, 261). Die pa vertel na aan trane: “E. het net sy trunkie aangehad. Ek het ook gesien dat ’n groen T-shirt oor sy nek slap gehang het” (Son, 6 Jan. 2021, E).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’