TUINROETE | KAROO NUUS - Dit is nou sewe jaar wat boere in die Moordenaarskaroo sien hoe die veld kwyn en die diere se kragte verminder tot hulle net nie meer kan opstaan nie en die volgende dag dood in die veld lê.
Boere met kuddes van 1 500 skaap het nou tussen 200 en 300 diere oor en hulle moet gevoer word om te oorleef. Boere vind dit hartverskeurend om werkers te verminder en baie boere moet sonder werkers probeer klaarkom.
'n Groot getal boere in die Laingsburg-distrik is net nie meer in staat om sonder skenkings hulle plase te behou nie. Skape wat nog leef word verkoop en plase se hekke is gesluit.
Gedeeltes van Vleiland, die Moordenaarskaroo asook die Koup se bosse staan pikswart en die veld sal net met baie reën herstel.
Intussen moet die boere oorleef, maar hoe weet mens nie.
In reaksie op die bogenoemde pleidooi van boere in nood het die South African Water Warriors op Saterdag 15 Mei ‘n konvooi van 60 voertuie met voer en ander hulpmiddelle na Laingsburg, Moordenaarskaroo, Vleiland en Koup gestuur.
Dit is SAWW se 2de grootste hulpkonvooi ooit! Die voorraad is voorlopig aan 61 boere en 118 plaaswerker-gesinne uitgedeel. Konvooie van Kaapstad en George het net buite Laingsburg nog voertuie van Schweizer Reinecke en ‘n 8-ton trok al die pad van Isando ontmoet!
‘n 4x4-groep, “Off the Beaten Track SA” van die Wes-Kaap het aangesluit by die South African Water Warriors se vrywilligers, The Roadrunners – die hartklop van die organisasie.
Voer, kruideniersware en diesel is na boere geneem wat se nood so groot is dat hulle nie kan bekostig om self die skenkings te kollekteer nie.
Marius Mans Vervoer Link:
- 25 000 liter water
1 x interlink:
- Super Maize Meal 800kg (160 x 5kg sake)
- Voer - 9Ton Heel Mielies (180 x 50kg sakke)
- Voer - 5Ton Chop (150 x 50kg en 40kg sake)
- Voer - 15 Ton Semels (Koring, Mielies, Sonneblom in sakke)
Motus Isuzu:
- 1300 x 12,5kg Iwiza Super mieliemeel (15.6 Ton)
- 50 bale lusern
- 800kg hoendermis
- R100 000 kruideniersware
- 5 palette blikkieskos
- 200 sakke 4 Brothers aartappels (1.4 ton)
- 750kg uie
- R15 000 Rooibos tee
- 100 x 6 packs langlewe melk
- 2 palette skoonmaakprodukte
- 200 bederfboksies vir die vroue
- 500lt Diesel (20 x 25lt kanne)
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'