Update
OUDTSHOORN NUUS - Adriaan (Attie) Deyzel (65), die man wat in April deur die provinsiale polisie se eenheid teen bendegeweld op verskeie wapenverwante klagtes in hegtenis geneem is, het vanoggend weer in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
Die staatsaanklaer, Leonie van Rooyen, het die hof meegedeel dat daar nog klagtes is wat gevoeg kan word.
Die ondersoek is ook glo nog nie voltooi nie.
Die landdros het die saak na 22 Oktober uitgestel.
Lees die volledige berig Vrydag.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'