Update
OUDTSHOORN NUUS - “Ek voel baie sleg oor wat ek gedoen het en sal nooit weer so iets doen nie.”
So het die 50-jarige Susan Plaatjies van Volmoed in die Oudtshoorn-streekhof aan streeklanddros Retha Pretorius gesê nadat sy onskuldig bevind is op aanklag van moord op haar man, maar skuldig bevind is aan strafbare manslag.
Plaatjies het die pa van hul drie kinders, Kiewiet Plaatjies (45), die aand van 2 Mei 2018 buite hul opslaanhut met 'n mes in die nek gesteek nadat hulle saam gedrink het en hy haar weer aangerand het en haar arm, wat hy ‘n vorige keer met ‘n plank gebreek het, weer gebreek het.
Plaatjies is tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis wat in geheel voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is en ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'