OUDTSHOORN NUUS - Die bestuur van die plaaslike vliegskool wat deur AIFA en TFASA bedryf word, het pas 'n aansporingsprogram vir uitblinker skoliere aangekondig.
Volgens Jan Bester, stigter van die Helping Our People and Environment Foundation (H.O.P.E), is die doel van uitblinkersprogram om die prestasie van skoliere, wat in sport of akademie potensiaal toon, aan te spoor om hul talente verder te ontwikkel.
"AIFA en TFASA, het opnuut hul verbintenis aan die gemeenskap van Oudtshoorn beklemtoon deur hul te verbind as hoofborg van die gemeenskapsontwikkeling inisiatiewe van die H.O.P.E. Foundation."
Die eerste uitblinker wat deur hierdie aansporingsprogram ondersteun word is Suveena Aries. Aries is 'n knap fietsryer wat reeds haar Wes-Kaap-kleure verwerf het en beoog om binnekort ook aan die SA fietsrykampioenskappe deel te neem. Aries begin vanjaar haar hoërskoolloopbaan by Langenhoven Gimnasium.
Die eienaar van Oudtshoorn Fietse, Essie Esterhuyse, ook 'n lojale borg van die H.O.P.E. Foundation, staan ook vir Aries by met die nodige toerusting en die onderhoud van haar fiets.
Belangstellendes en besighede wat by die H.O.P.E. Foundation betrokke wil raak kan Bester by 082 461 8253 skakel.
Vir enige verdere inligting oor die H.O.P.E. Foundation besoek: www.hopefoundation.co.za
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'