OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen twee mans van Bridgton, wat van huisbraak- en diefstal aangekla is, is Vrydag in die Oudtshoorn-landdroshof van die hofrol verwyder omdat die staat se hoofgetuie weer nie by die hof was nie.
Henrico Hamman (30) en Dimito Grootboom (30) het tereg gestaan op aanklag van huisbraak met die opset om te steel en diefstal nadat hulle glo op 6 Maart 2020 in Abrahamstraat by die woning van John Claassen ingebreek en ‘n televisiestel gesteel het.
Die saak is al verskeie kere in die verlede uitgestel.
Hamman en Grootboom se regshulpprokureur, Eugene Roos, het 'n versoek van die staat om die saak 'n laaste keer uit te stel teengestaan omdat die getuie, Samuel Kock, weer nie hof toe gekom het nie.
Landdros Ntombizandile Maseti het met Roos saamgestem en die saak van die hofrol geskrap.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'