OUDTSHOORN NUUS - Die Hoërskool Oudtshoorn (Struisies) het weereens sy akademiese spiere gebult met sy matrieks van 2021 wat in die eindeksamen geskitter het.
Van die 104 leerders het 103 geslaag.
Die slaagpersentasie was 99,03%. Hiermee het die skool sy geskiedenis van puik akademiese prestasies voortgesit.
Altesame 76 leerders (73,1%) het volle universiteitstoelating gekry, 23 (22,1%) het vrystelling vir diplomastudies ontvang 22,1% terwyl 3,8% van sy leerders vrystelling vir sertifikaatstudies verwerf het.
Struisies het 87 A-gemiddeldes en 147 B-gemiddeldes verwerf.
Lienke le Roux is die duxleerder en spog met 'n gemiddelde persentasie van 89,7% wat sewe A's insluit.
Die topvyf matrikulante van Hoërskool Oudtshoorn (Struisies) wat met 'n A-gemiddelde geslaag het vier hul puik prestasies uitbundig. Van links: Armand Olivier, Rian Maartens, Lienke le Roux (topresteerder), Karla van Rooy en Jayden Visagie. Foto's: Hugo Redelinghuys
Die tweeling Chloe (links) en Haylle Human spog met hul matrieksertifikate.
Diep tevrede dat hul skoolloopbaan met 'n matrieksertifikaat afgesluit kan word. Van links: Sandiso Ngalo, Mnoneleli Maqashu en Asiphe Jaza.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'