Breaking News Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - ‘n Spesiale pakket van Klein Karoo Klassique om R400 op al vier vertonings te bespaar, is byna uitverkoop.
Volgens Hugo Theart, waarnemende uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk, kan liefhebbers van klassieke musiek al tien konserte van die Klassique bywoon teen ‘n pakketprys van slegs R900.
Die pakket is by Computicket beskikbaar. Die tiende Klein Karoo Klassique vind vanaf 9 tot 12 Augustus plaas. Benewens die tien hoofkonserte is daar ook drie aandkonserte by die Windpomprestaurant.
Kaartjies vir hierdie konserte moet direk by Kunste Onbeperk se kantore gekoop word. Die volledige program is op die web by www.klassique.co.za beskikbaar of skakel 044 203 8600 vir navrae.
Kyk 'n video hieronder:
Die feesgids is ook tans by die Oudtshoorn Courant en verskeie ander besighede beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'